Monday 23 September 2013

Hier begin ek weer

Hierdie is nou die tweede keer wat ek 'n blog begin met die doel om my lewe, gevoelens en gebeurtenisse vas te stel wit op swart.  Ek verstaan dat heel moontlik sal niemand ooit hierdie lees nie.  Ek skryf hierdie in elk geval nie vir ander se genot nie, maar wel om 'n manier te vind vir my eie uitlating van woelende gevoelens.

Indien iemand wel hierop afkom en jy deel is van die nuwe wêreld waar mense regte en "PC" wees 'n prioriteit is en waar geloof geen prioriteit in jou lewe is nie, dan wil ek jou baie graag uitnooi om sommer nou al te fokof.

Jy gaan jou asem en tyd mors om my te probeer oortuig dat wit en swart op gelyke voet staan.  Dat man en vrou gelyk is en ewereg in 'n huwelik geniet.  Dat die wêreld 6 biljoen jaar oud is en dat ons almal van sop afkomstig is.  Ek is seker maar hartkoppig in sommige dinge, maar dit is my blog en my lewe.  Jy hoef hierdie nie te lees nie.

Verder moet ek tog nou al verskoning maak vir my desleksie, en nie so uitmundende vermooi om suiwer Afrikaans meer te kan kommunikeer nie.  My spelling gaan ook soms vir 'n duik.  En tog is hierdie seker ook my belaglike idee om my taal en kultuur te behou.  Nie alles wat ek kwyt raak sal altyd sin maak nie en soms mis ek sommer 'n paar woorde in teks.  Ek belowe toe ek daaraan gedink het, was die woorde daar.  Soms raak hulle net weg tussen dink en tik.

Nie te min, ek sal seker moet terug gaan in die verlede en hierdie storie moet begin waar dinge nog sin gemaak het.  Waar ek nog vol drome was en vol hoop vir alles. Waar die toekoms blink was en nog nie vermorsel was nie.

Dit sal my terugvat tot net voordat ek die besluit geneem het dat 'n lewe buite Suid Afrika beter sal wees vir myself en my gesin.  Siende dat moord en dood in die orde van die dag geword het in Suid Afrika.

Wel, ek is 'n rekenaar programeerder van beroep.  Ek het jare terug gedink ek is goed met dit.  Ek reken op 'n stadium was ek dalk.  Ek het net nou al bietjie spoed verloor.  Dinge beweeg net soms te vinnig vir my.  Dit is my bron van inkomste en kan nie regtig op hierdie fase in my lewe verander nie.

Wel, ek het al soveel werke nou al gehad, en aan soveel verskillende goed gewerk, ek reken ek het al alles probeer doen en eintlik fokol reg gekry nie.  'n Argitek kan jare later vir sy kleinkinders wys dat hy daai huis en daai kantoorblok en daai brug geplan het.  'n Bouer kan sê dat hy daai gebou het.  'n Motor werktuigkundige kan getuig hoe hy vriende en familie soveel gehelp het met hulle motors.  En so kan ek aangaan, maar ekke...  Dis heeltemal anders.  Ek kan sê ek het vir Ellerines, Cointel, T-Systems, BCX en Nielsen gewerk.  Kan jy enige iets sien, voel, proe of hoor wat ek gedoen het.  Nee.....  Niks....  Ek kan sê dat op 'n stadium (of dit nog so is of nie, weet ek nie) was daar 'n barcode op 'n faktuur wat elke MTC (Telekommunikasie Maatskappy in Namibie) klient gekry het.  Dit was sodat hulle kan betaal by die poskantoor.
Wel.  Ek het daai barcode op hulle drukwerk gedoen.  Whoop-Whoop.

Op 'n stadium toe die seks text stront op E-TV begin het in Suid Afrika, was daar al daai "stuur 'n text vir R10" na hierdie nommer dan kry jy daai gemors. (Naakte foto).  Wel.  Ek het die stelsel in plek gesit om dit te kon doen vir Cointel. (Ek is nie so trots daarop nie).  Weet nie of iemand dit kan onthou nie, maar DSTV het op 'n stadium amper huwelike beindig met hulle advertensie veldtog om SMS boodskappe te stuur vir die eerste uitsending van Cheaters.

Daai simpel program wat die vrou die Cheaters speurders op haar man sit om te bewys hy neuk rond.

Wel, my program het daardie 40 000 SMS'se uitgestuur.  Of hulle dit nog gebruik of herskryf het, weet ek nie.  Die in-text stelsel vir "voting" van Coca-Cola Pop Stars.  Dis myne gewees.  'n paar skerms van die Nedbank Banking Platform wat almal in Nedbank gebruik het - ok ekke.

Ek het 'n program geskryf vir Krygkor om hulle pension fondse mee te bestuur.  Geen idee of dit nog werk nie.

Ek het 'n Organisasie boom stelsel vir Ellerines geskryf.  Geen idee nie.

Soveel kak vir ander en niks wat ek kan wys nie.

Ek reken dit is 'n paar goed waarop ek kan trots wees.  Maar hoekom is ek nie?  Wel, in my strewe na hierdie wonderlike droom van lewe wat ek gehad het jare terug speel nie so mooi af met wat ek in werklikheid het nie.  Moet nie verkeerd verstaan nie, ek is nie ongelukkig of spyt oor enige iets nie.  Ek kon nooit te veel kla oor te min nie.  Kon al baie kla oor nie genoeg nie. Maar dit is maar net die lewe.

Nee jong.  My gevoelens is heeltemal teveel teenstrydig teenoor mekaar.   Ek is bly oor my kinders wat ek het. Ek is bly oor die gedeelte van my huwelik waar dinge goed gegaan het.  Maar nie so bly toe vroulief besluit om die pad te vat nie.  Meer hieroor heelwat later...   Ek is bly oor die geleenthede wat ek my kinders kon bied hier in New Zealand.  Ek is de bliksem in dat die swart wetters my gedryf het tot dit.  Ek is bly oor my kinders se skool opvoeding wat hulle hier kry.  Gatvol vir die politieke korrektheid wat gepaard gaan met die onderrig.  Bly oor hulle veiligheid, maar so spyt dat hulle nie ervaar wat dit is om te val en seer te kry op die plaas nie, en dan net eenvoudig opstaan en aangaan nie.  Dat hulle nie weet hoe proe REGTE melk nie.  Jy weet mos.  Die melk wat uit die koei kom.  Nog so lekker warm en weet jy wat, dit het daai extra 2% vet in.  So, WTF!  Wie gee nou einlik om oor daai extra 20ml vet in 1000ml melk.  Regtigwaar mense.  As jy dink dis daai 20ml wat jou vet maak, dink weer.  Ek dink MacDonalds doen dit meer.

Wel.  Hier raak ek nou weer so bietjie aan daai tyd in my lewe.  Die tyd toe ek so vol hoop was en gedink het ek moet dalk trek uit SA uit.  Die rede hoekom ek nou hier in New Zealand is en ook die rede vir hierdie Blog.  Ek dink ek sal maar daar begin.  Hoe dit gebeur het, en daarna.  Dalk as iemand hierdie lees, dan voel hy dalk lus vir die avontuur en dalk miskien ontnugter dit hom te veel.  Ek sal nog maar self moet sien wat ek alles hier gaan kwyt raak.  Ek weet self nie eers wat ek wil en sal skryf nie.  Ek wag self maar in inspanning.

Tot later Self.